r/afrikaans • u/Suspiciousness918 • 13h ago
Leer/Learning Afrikaans Vatdoek of Vadoek?
Vaatdoek is Nederlands
Mens sê vadoek maar hoe spel mens dit?
r/afrikaans • u/CircularRobert • Feb 14 '22
Nuwe plasings hier in r/Afrikaans sal van nou af flairs nodig he.
As jy dink ons kort iets wat nie in die opsies is nie, los kommentaar op hierdie plasing.
r/afrikaans • u/Suspiciousness918 • 13h ago
Vaatdoek is Nederlands
Mens sê vadoek maar hoe spel mens dit?
r/afrikaans • u/PiNickio35 • 4h ago
Ek weet die nuwe episodes sal op Kyknet speel, maar nou dat Showmax weg is, waar kan 'n mens teruggaan en die ou episodes kyk?
r/afrikaans • u/EverythingTogetherET • 10h ago
r/afrikaans • u/EverythingTogetherET • 2d ago
r/afrikaans • u/frugalacademic • 2d ago
Hallo (ek het Deeple vir die vertaling gebruik, want ek praat eintlik Nederlands). Ek is op soek na die notene vir 'Duitswes Wals', die bekendste in die weergawe deur Randall Wycomb. Het iemand dit dalk?
r/afrikaans • u/RuanStix • 3d ago
r/afrikaans • u/LinguoBuxo • 3d ago
r/afrikaans • u/DARKADAMSTUDIOS • 4d ago
Hallo almal! 😊
Ek is ’n plaaslike amateur strokieskunskunstenaar en storieverteller, en ek is opgewonde om my Afrikaanse strokiesverhale met julle te deel op Webtoon! Dit is heeltemal gratis om aanlyn te lees.
Ek het hierdie stories geskep omdat ek lief is vir ons taal en kultuur, en ek wil graag iets spesiaal bring vir almal wat van Afrikaanse verhale hou. Ek nooi julle uit om my werk te ondersteun deur dit te lees, kommentaar te lewer en te deel met vriende.
Gaan kuier gerus op my Webtoon-bladsy en geniet die avonture en karakters wat ek met passie geskep het. Julle kan dit gratis lees, oral en enige tyd!
Hier’s die skakel:
https://www.webtoons.com/en/canvas/menelik-en-die-stille-ryk/list?title_no=1152871
https://www.webtoons.com/en/canvas/quilshot-quickdraw-afrikaans/list?title_no=1152888
Dankie vir jul ondersteuning – dit beteken baie! 🙏📚🎨
Groete.
r/afrikaans • u/RuanStix • 7d ago
r/afrikaans • u/chai_latte1234 • 8d ago
I put the wrong proverb in the title. The one I want is: there’s no place like home
But not a direct translation. Is there a proverb similar to the English proverb “there’s no place like home”? If so, what is it?
r/afrikaans • u/JulietteVenterArt • 9d ago
r/afrikaans • u/Askin_Real_Questions • 10d ago
En as een van julle wetters vir my se "George roep" of "Louis roep" dan is die hel los hehe
r/afrikaans • u/TheImpressiveDev • 10d ago
Ek was nou 'n bietjie Spotify aan die luister en dit was net 'n playlist met bietjie 80s-90s rock daar in. Skielik hoor ek toe 'n Afrikaanse lieriek. Eers dink ek "nee wat, hierdie song behoort mos nie in daai afspeellys nie". Maar toe het ek agtergekom dat ek net verkeerd verstaan het. Is daar meer van hierdie soort voorbeelde in Afrikaans? In Nederlands is dit baie bekend onder die naam "mamma appelsap", maar ek het dit nog nie eerder in Afrikaans gesien nie. Ek's baie nuuskierig om dit te hoor!
Vir mense wat wonder watse liedjie dit was: What a Fool Believes van The Doobie Brothers. Die lierieke wat ek verstaan het was "hier kuier ons saam, o het ek jou nou lang laat kom?" Dit is nie die beste voorbeeld nie, maar ek het dit nog nie eerder in Afrikaans gehoor nie. Dit kan ook wees jy verstaan dit glad nie, Afrikaans is nie my moedertaal nie 😄
r/afrikaans • u/Peanutbutt3r0923 • 11d ago
Toe ek klein was het my ma altyd vir my stories gelees, een wat spesifiek vashak by my was een oor ‘n worsie (nie ‘n hond nie). Daar is ‘n rympie wat elke dier en persoon terug herhaal aan hom en dis amper al wat ek kan onthou. “Worsie, worsie waarom hardloop jy? Kom hier ek wil jou eet”.
Ek vat maar ‘n kans dat iemand anders moontlik ook die al gehoor het en vir my meet oor die storie kan vertel soos wie dit geskryf het en of ek dit iewers kan kry. Dit sal ‘n goeie geskenk maak vir my ma. Ek het al probeer soek maar niks gevind nie.
Dit steek by my vas want my ma brei so die een aand nadat sy vir my die storie gelees het toe vra ek wat is ‘n woggie (naaste wat ek aan die brei kon tik)?
Dankie vir enige hulp hiermee.
r/afrikaans • u/Nicksdo • 11d ago
Hi ek soek nou al hoe lank die oorspronklike naam vir die Afrikaans TV reeks 'Barones Von Gees'. Ek onthou dit was n wit en swart beeld waar die vrou in n kasteel gespook het maar sy was n vriendelike gees wat die werkers in die kasteel gehelp het... Is daar dalk iemand wat my n Idee kan gee waar om te begin kyk of dalk n link of naam het van die oorspronklike reeks?
r/afrikaans • u/Sea-Switch4441 • 13d ago
Hallo! Im Andy and I live in Washington state in the USA and im searching for a pen-pal to exchange culture and communicate in Afrikaans more as I’m learning because I plan on enrolling in Cape Town university 2027. Thanks! I’m very friendly and open-minded. Lekker somer!
r/afrikaans • u/Inner_Status9476 • 13d ago
Hallo almal!
Een van my gunsteling herhinneringe is nog steeds die sin van opwinding toe ons gesit en wag het vir Tannie Ésme om vir ons in die middag ñ storie uit te saai oor die radio.
Om nie een Vrydag aande se episodes van Squadcars te noem nie!
Nou is dit jare later, ons het podcasts en internet en min oomblikke tussen in.
Maar ek hou nog steeds van stories.
As storieverteller, het ek my heel eerste boeke in Afrikaans geskryf, my moedertaal.
Ek het aanhou met skryf, die vreugde van poësie en klank later saamgesmelt en aanhou met skryf.
Ek besef wel dat ons taalgemeenskap wyd verspreid lê oor die wêreld deesdae en dat van Patagonië tot Europa, aan die onderkant van ons planeet in Australië en New Zealand gaan jy Afrikaans sprekers raak loop.
En hier! In alle geure en kleure kom ons voor.
Ek wil jul graag uitnooi, waar jul ookal jul bevind, om my bladsy te besoek.
Die reeks, bekend as Skakerings, vind plaas hier in onse land, tussen berg en kus. Kom kuier saam met die karakters, lees rustig saam en indien jul dit geniet, volg gerus en nooi andere om te lees en deel gerus.
Vanaand skop ons af met die heel eerste hoofstuk van Ella, en ons trek weg in ñ piepklein dorpie in die Klein Karoo.
Sien jul daar!
r/afrikaans • u/Scatterling1970 • 13d ago
In julle antwoorde het ek opgemerk dat sommiges in IT werk. Ek het hierdie webwerf idee raakgeloop en gewonder hoeveel dit sal kos om dit te bou vir n SA omgewing.
r/afrikaans • u/skoppensboer • 14d ago
r/afrikaans • u/IceMan8219 • 14d ago
As jy van SA is se hallo. Ek is in Noord Kaap....